Random Reads Blog
About Random Reads
Contact Random Reads
Search
Random House Struik
Random Reads
BLOG CATEGORIES
» Articles (40)
» Awards (8)
» Columns (26)
» Competitions (10)
» Extracts (6)
» Humour (5)
» Interviews (12)
» Recipes (19)
» Reviews (57)
» Videos (6)
BLOG ARCHIVES
» 2017 (0)
» 2016 (16)
» 2015 (4)
» 2014 (41)
» 2013 (53)
» 2012 (66)
REGULAR BLOGGERS
» Darrel Bristow-Bovey
» Warren Ingram
» Kobus Galloway

Onse Steve Jobs wat in die hemel is

Theunis Engelbrecht
Onse Steve Jobs wat in die hemel is

Onse Steve Jobs wat in die hemel is, laat Apple se naam geheilig word en laat ons tot in alle ewigheid in u Groot Appelkoninkryk woon. Gee my vandag my daaglikse gratis app, verlos my van spam en junkmail en malicious spyware en identity theft, en lei my nie in die versoeking van dirty old men se lêplekke op sosiale media nie.  

Dit is die hoeksteen waarop Alice Ellis (34)*, ’n voormalige Cosmopolitan-joernalis en een van die meer raaiselagtige skimfigure in Papegaaislaai, haar daaglikse bestaan bou, vertel Malletjie Malan* my. ’n Pêl van hom het onlangs by hom oor haar geskinder en vertel sy is deesdae ’n vryskutjoernalis en dat jy  haar in aksie moet sien om dit te glo. Haar laptop, iPad en iPhone is die heeltyd aan en byderhand. Sy sê dis hoe ’n mens moet werk as jy ’n joernalis van die toekoms wil wees. Sy twiet gemiddeld een keer elke halfuur haar jongste status updates of Kosmiese Gedagtes. Sy doen ook navorsing op Facebook en Twitter deur voyeur te speel op celebrities se profiele, pages en twiets om idees te kry vir artikels wat sy kan skryf om aan skindertydskrifte te verkoop. 

Malletjie en Alice het mekaar ontmoet toe hulle so vier jaar gelede saam gewerk het by ’n tabloid in Johannesburg. Die ding is, vertel Malletjie, dat Alice ’n verskriklike warm broek het. Sy wou hom vreeslik graag platspring en hom naai tot hy opera op ’n hiphop-beat in Spaans begin sing. Gelukkig was hy nie die enigste een in haar plesiervisier nie en kon hy dit regkry om ’n low profile te hou. Hy het selfs eenkeer gedroom hoe sy hom verkrag. Gelukkig het die versengende hittegolwe van Alice se warm broek vir Malletjie verdamp toe sy ’n 59-jarige man ontmoet het wat as ’n intellektueel en openbare meningsvormer bekend gestaan het en wat nie net ’n huis in Stellenbosch het nie, maar ook ’n vakansiehuis in Frankryk.

Sy het toe haar job by Cosmopolitan gelos en sak en pak van Johannesburg na haar vroetelpappie in Stellenbosch getrek. Dit het net ses maande gehou. Dit was ’n groot skandaal waaroor daar in hoë kringe in die Boland gefluister is. Die meeluisteraars en afluisteraars se ore het getuit. Niemand weet presies wat gebeur het nie, maar daar loop stories oor ’n psigopatiese jaloerse eksvrou en swinging onder die hoëlui. Ander mense het vertel Alice se vroetelpappie het ná drie maande saam met haar impotent geraak en dat sy toe so op loop gegaan het met ’n 21-jarige filosofiestudent dat hy sy tweede jaar gepluk het omdat hy te veel genaai en te min geswot het. Die hoof van ’n spogskool se vrou het weer vertel die meningsvormer-vroetelpappie se familie het gesê Alice is net agter sy geld aan en dat hulle ’n “veldtog” begin het om van haar ontslae te raak.

Ag ja, ’n mens weet deesdae ook nie meer wat jy kan glo en wat nie, sê Malletjie. Dis ’n onbegonne taak. Why bother?

Maar ai, dié Alice Ellis darem. Malletjie se pêl vertel sy sit in Kakstraat. Om ’n vryskutjoernalis te wees is nie ’n grap nie. Joernaliste wat werk het is al klaar kerkmuise, so ’n mens kan sê vryskutte is kerkhofrotte. Dis ’n onbegonne taak om die pot aan die kook te hou, want werk is skaars. Alice bly nou in ’n piepklein woonstelletjie. Die filosofiestudent se ouers het gedreig om hom te onterf as hy nie sy verhouding met haar verbreek nie. Haar Facebook-vriende is die enigste mense met wie sy deesdae praat. Wanneer sy nie werk het nie, lê sy die heeldag in haar bed en surf op haar iPad. Sy kyk elke dag watter nuwe gratis apps daar is. Sy het ’n app wat jou kan laat ophou rook en ’n hele klomp oor diëte. Sy het ook een wat haar asemhaling reguleer wanneer sy stres. Sy het ook apps met weervoorspellings, die varsste skindernuus uit Hollywood, Solitaire, resepte en iSpy Camera, waar jy na live footage van kringtelevisiekameras reg oor die wêreld kan kyk. Sy sê dit laat haar soos ’n global citizen voel. Sy vind veral die footage van hotelfoyers in New York fassinerend. Haar gunsteling-games is Grim Legends: The Forsaken Bride en Royal Revolt.

Op Facebook en Instagram blaai Alice graag deur haar vriendinne se fotoalbums. Sy kan nie genoeg kry van die kiekies waar hulle afshow met al hul partytjies saam met belangrike mense en oorsese reise nie. Sy’s ook baie lief vir Flipboard, waar sy elke dag nuwe apps ontdek waarop sy artikels kan lees soos “5 Ways to reframe your thinking to be more like Elon Musk”, “The psychology of mental toughness”, “How to stop hating work”, “9 Easy-to-steal habits of the super successful”, “How to give a great hug” en “A three steps process to start creating your dreamlife”.

Alice is ook ’n lid van die Name & Shame-groep op Facebook waar sy (onder ’n vals naam) al die fluisterstories oor die hooggeplaastes se ondergrondse onheilighede openbaar maak. Malletjie se pêl sê hy het padgegee by haar nadat sy hom vertel het sy wil die meningsvormer op Name & Shame ontmasker en dat sy onlangs met internet dating begin het. Daar is baie studente in Stellenbosch wat onder skuilname op daai websites kerjakker, het sy vertel. Nooit weer ’n ouer man vir haar wat Alice is nie, dankie. Boonop is daai studente ook nie skaam nie. Jy moet die selfies sien wat hulle vir haar stuur.

Nee wat, sê Malletjie, as hy al hierdie dinge hoor, kan hy net sê te hel met onse Steve Jobs in die hemel, onse Steve Blowjobs op aarde is heeltemal goed genoeg (nee, nie dáái Steve nie, genade tog).

* Nie hul regte name nie om hul identiteit te beskerm. Theunis Engelbrecht se roman Papegaaislaai  verskyn in Oktober by Umuzi. 


Gallery is loading...
Notify Me:
Please enter your email below to receive / un-subscribe from new post notifications.
Email Address:

Option:
Random House Struik Newsletter
Random House Struik Competitions
Random House Struik Bookclub
Random House Struik Events Random House Struik on Facebook
Random House Struik on Twitter
Random House Struik on Pinterest
 
Random Reads
June 2016 | May 2016 | April 2016 |
Subscribe to our RSS Feeds